IS het verantwoordelikheid aanvaar vir die selfmoordbomaanvalle in drie Indonesiese kerke, wat minstens 13 mense dood en tientalle ander beseer het. Volgens die polisie was die selfmoordbomaanvallers almal lede van dieselfde gesin: ’n ma en twee dogters van nege en 12 jaar oud het hul bomme in een kerk laat ontplof, terwyl die pa en twee seuns, onderskeidelik 16 en 18 jaar oud, twee ander kerke geteiken het. Die Santa Maria Katolieke Kerk is eerste aangeval, toe die Surabaya Sentrum Pinksterkerk en die Diponegoro Indonesiese Christelike Kerk. Die feit dat 'n gesin, insluitend kinders en tieners, hierdie aanvalle uitgevoer het, is deel van wat dit so skokkend maak. ’n Familie moet ’n plek van liefde en veiligheid wees – en tog is hierdie een gebruik om haat en geweld aan te wakker. Maar daar is 'n ander familie waarvan ons deel is: God se wêreldwye familie van die kerk. Ons broers en susters in Surabaya het vandag ons gebede en ondersteuning nodig. Baie is bedroef, baie is beseer, baie is bang.