Die stad Afrin het vlugtelinge verwelkom wat uit Sirië se oorlog gevlug het, maar in Januarie het Turkye, gesteun deur Siriese rebelle, beheer daar oorgeneem. Hanan, 'n Siriese Koerdiese Christen, vrees vir diegene wat van Islam tot die Christendom bekeer het. Ses jaar gelede het hy 'n kerk daar begin, wat nou 230 lidmate het. Baie is van 'n Moslem-agtergrond en het Christene geword toe die knaende burgeroorlog hulle na die kerk gedryf het op soek na vrede. Siriese rebelle dreig nou om Koerde dood te maak tensy hulle hulle tot Islam bekeer. 'By Allah, as jy berou het en terugkom na Allah, weet dan dat jy ons broers is,' het 'n soldaat in 'n aanlyn video gesê. "Maar as jy weier, dan sien ons dat jou koppe ryp is, en dat dit tyd is dat ons dit pluk." Daar is ernstige vrese vir etniese suiwering in die streek.