Print this page

Australië: Christene in Statebondspele

Daar sal tien internasionale kapelane by die Statebondspele wees. Hulle eerste rol is om hulself op pastorale vlak beskikbaar te stel aan enigiemand wat dit wil hê. Christen-atlete sal Bybelstudies en korporatiewe aanbidding wil hê, en die kapelane sal dit vir hulle voorsien. Bid dat hulle uitstekende dienaars van al die atlete, afrigters en wedstrydbeamptes sal wees. Bid vir die spesiale verhoudings wat hulle met atlete sal ontwikkel - beide diegene wat toegewyde Christene is en diegene wat Christelike geloof wil verken. Mag daardie vriendskappe in die loop van die Spele dieper groei. Bid vir vrymoedigheid by so 'n groot geleentheid, waar hulle buite hul gemaksones sal wees.