Print this page

Papoea-Nieu-Guinee: 'heksery'

Aartsbiskop Allan Migi, die Anglikaanse primaat in PNG, het die toenemende aantal vermeende hekse en towenaars wat vermoor word, veroordeel. Hy het gesê die dood van 'n kind wat van heksery verdink word, is sterk gekant teen die weg van Christus; dit is kindermishandeling in sy ergste vorm. Die beoefening van towery en heksery is ''n bose ding', so ook 'die doodmaak van 'n verdagte of die neem van iemand se lewe'. Onlangs het die VN se hoë kommissaris vir menseregte, wat die land besoek het, 'n beroep gedoen op 'beslissende regeringsoptrede' om die endemiese geslagsgebaseerde geweld en verskriklike aanvalle teen diegene wat van towery beskuldig word, aan te pak. Die nuwe minister van polisie het gesê: 'Dit is nie in ons geskiedenis om mense vir towery te verbrand of te stenig nie. In die laaste jaar of wat het dit versnel.' Daar is nou ’n polisietaakspan om aanvalle op vermeende hekse te takel.