Print this page

KAR: kerkouderling en hulpverleners vermoor

Gabriel Ole, 'n ouderling in die Bangui Baptistekerk, het vir UNICEF gewerk. Hy is in 'n gewelddadige lokval in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR), saam met twee amptenare van die ministerie van onderwys en drie UNICEF-werkers wat na Markounda naby die noordwestelike grens met Tsjad gereis het, vermoor. Van die slagoffers is doodgeskiet, ander se kele is afgesny. Hul motor is aan die brand gesteek. CAR se eerste minister, Simplice Matthieu Sarandji, het die slagoffers tydens sy besoek op 6 Maart vereer toe hy gesê het: 'Skool is die sleutel tot die ontwikkeling van 'n land. Enige aanval teen onderwysers is 'n misdaad teen die opvoeding van ons kinders'. Bid vir 'n einde aan sinnelose dade teen hulpverleners wat net daar is om die lewens van kwesbare mense te verbeter. Bid vir diegene wat treur oor die verlies van geliefdes.