Tydens 'n altaar van openbare aanbidding verlede jaar het ongeveer 1 200 Boliviane ingetree vir geestelike verandering in die nasie. Op 21 Februarie het 'n plaaslike Christen geskryf: 'Oor ons geliefde Bolivia het vroue, mans en kinders vandag die strate ingevaar en ons geloof en demokrasie verdedig. 'n Meerderheid van die bevolking het NEE gestem vir die herverkiesing van Evo Morales wat poog om onbepaald president te word deur omkopery, propaganda, brute geweld en die gebruik van die hulpbronne van Bolivia om dit te doen. Die kerk en mense van Bolivia gaan voort om NEE te sê vir sy linkse regime. Ons sê JA vir Jesus! Bolivia sal NIE Venezuela wees nie, of die pad van Kuba volg nie. Bid asseblief dat alle geweld, wraak, leuens, sterftes, ongeregtighede in elke politieke en sosiale sfeer, verbonde met die okkulte, en ooreenkomste met nasies wat ons hulpbronne tot hul voordeel misbruik, maar tot ons ekonomiese nadeel, alles ontbloot word.'