Die woord 'skuiling' beteken letterlik 'n huis, 'n tent of 'n toevlugsoord. Dit spruit voort uit die opdrag van Jesus dat ons 'ons naaste moet liefhê.' Dit impliseer boonop die verskaffing van kos, klere en drinkwater aan die armes en behoeftiges asook 'n dak oor hul koppe. Shelter Now het al meer as dertig jaar gehelp met humanitêre en ontwikkelingshulp in Pakistan en Afghanistan, en verskaf noodleniging vir oorlog-geaffekteerde vlugtelinge en vir slagoffers van aardbewings, vloede, droogte en ander natuurrampe. Dit verskaf rekonstruksie, rehabilitasie en langtermyn ontwikkelingsamewerking. Onlangs is die werk in Pakistan gesluit, om eerder vlugtelinge van IS in Koerdistan te begin help. In November het 'n personeellid, Udo Stolte, Yazidi-vlugtelinge in Sulaimaniya in Noord-Irak se outonome Koerdistan-streek besoek. Jy kan sy verslag oor Yazidi-kinders wat weer skool toe gaan lees deur op die 'Meer'-knoppie te klik.