Die 'Hoop vir die Midde-Ooste' petisie, onderteken deur meer as 800 0000 mense, is op 12 Desember by die Verenigde Nasies aangebied, waarin die beskerming van Christene en ander vervolgde minderhede in Irak en Sirië na IS aangedring word. Dit doen 'n beroep op die VN om saam met godsdiensleiers te werk om vrede te handhaaf en Irak en Sirië te herbou.