Daar is groot krag in die woorde wat ons spreek. Die ambisieuse kroonprins Mohammed bin Salman van Saoedi-Arabië het Iran se opperleier 'die Hitler van die Midde-Ooste' genoem. 'n Woordvoerder van die Iranse ministerie van buitelandse sake het die 'avonturistiese' prins van 'onvolwasse, onbedagsame en ongegronde opmerkings en gedrag' beskuldig. Teenstanders vir beheer van die Midde-Ooste, Sjiïtiese Iran en Soennitiese Saoedi-Arabië is tans besig met volmagoorloë in Jemen, Irak en Sirië. Kim Jong-Un se ballistiese blaps en president Trump se 'vuur en woede' het meer spanning in Asië geskep, terwyl pous Francis gewaarsku is om nie die woord 'Rohingya' in Mianmar te uiter nie. Ons word gevra om te bid vir die wêreld se leiers om die krag wat hul woorde het om seer te maak of op te bou, om konflik te veroorsaak of om spanning te verlig ten volle te verstaan. Mag hulle ag slaan op die raad van baie gesoute en wyse raadgewers.