Byna 7 700 huise en geboue het in Noord-Kalifornië se ongekende veldbrande verbrand. Soos baie ander het hulle minute gehad om belangrike dokumente en foto-albums te gryp. 'Die dag ná die brand het my skoonma die middag deur puin gesoek. Sy het moeg maar gretig teruggekeer om my een vonds te wys; haar ma se porselein Kersversierings, steeds in as gestof. Dit het my opgeval as 'n prentjie van genade. Met Kersfees versier ons bome. As Christene doen ons dit ter viering van God se genadige plan vir verlossing – Christus het aarde toe gekom om vir sondaars te sterf, die regverdige vir die onregverdiges, om die vernietiging wat sonde bewerk het, te herstel. Tog, hoe gereeld sing ek 'Amazing Grace' sonder verwondering, verblind deur gemak en my vermeende selfgenoegsaamheid. Dank God dat Hy aan die werk is in beproewings en lyding. Prys Hom of jy in oorvloed of gebrek is, of jy goed gevoed of honger is.