Print this page

Indië: vervolging in Jharkhand-staat

Ses huiskerkleiers is op 16-17 Oktober vrygelaat nadat hulle vir 'n maand aangehou is op valse aanklagte dat hulle Hindoes gedwing het om tot die Christendom te bekeer. Die vyf mans en een vrou was verheug dat hulle gedurende hul tyd in die tronk die evangelie met medegevangenes kon deel. Die arrestasies het plaasgevind kort nadat staatsamptenare in Jharkhand die strengste wet teen bekering in Indië aanvaar het. Plaaslike Christene vrees toenemende vervolging as gevolg van die nuwe wet. Bid dat die ses kerkleiers hul werk sal voortsit en hul getuienis sal gebruik om die evangelie met vrymoedigheid te deel.