Mali: Christelike vervolging

'n Kerkleier in Mali berig: 'Ons kerke en kapelle word nou geteiken deur ekstremiste, wat Christene aangesê het om nie bymekaar te kom om te bid'. In September en Oktober het ekstremiste verskeie kerke in die Mopti-streek geplunder en afgebrand. Een gemeente wat uit die gebou verdryf is, is meegedeel dat hulle doodgemaak sou word as hulle gesien word terwyl hulle bid. In 2012 het Toeareg-separaliste en Islamitiese groepe wat aan Al-Kaïda gekoppel is, beheer oor die noorde van Mali oorgeneem en die streek as 'n Islamitiese staat verklaar. Die nuwe regime het sharia-wetgewing in Timboektoe ingestel, insluitend strawwe soos amputasies vir diefstal. Frankryk het soldate ontplooi om die regering te help teen oprukkende Islamiete, en 'n VN-mag van 13 000 militêre personeel is nou daar gestasioneer. Geweld duur voort ondanks 'n vredesooreenkoms met rebellegroepe. In die eerste helfte van 2017 het meer as 42 000 burgerlikes aangesluit by diegene wat reeds intern verplaas is in Mali.