Internasionale nuusberigte vertel ons dat die Siriese krisis 'n verlore generasie kinders geskep het. Maar ons kan bid dat hierdie geslag deur Jesus gevind sal word. Die sendingagentskap Cry Out Now het 'n 30-dae gebedsgids voorberei om ons te help bid vir Siriese kinders. Sy visie is veral dat ander kinders vir hulle sal bid. God sien kinders se geloof raak wanneer hulle bid; dikwels is dit baie kragtig! Ons God is 'n God van hoop, en Sy begeerte is dat Hy uit die onrus en chaos van die Siriese krisis 'n volk sal hê wat aan Hom behoort.