Print this page

Suid-Afrika: bid vir 'n einde aan die droogte

Suid-Afrika beleef 'n verwoestende droogte in vyf streke; reën is dringend nodig in baie ander gebiede. In sommige gebiede duur hierdie droogte al byna 5 jaar. Elke dag sien boere hoe hul vee vrek, lande wat verwelk en oeste wat tot niet gaan. Dit is traumaties om hierdie streke te besoek en die werklikheid van die situasie te sien. Jerigo Mure het gebedsriglyne opgestel wat voorbidders kan gebruik wanneer hulle bid vir die einde van die droogte. Gemeentes en gebedsgroepe regoor Suid-Afrika het elke Sondag gebid, en ook in 'n sewe-dag 24/7 gebedswag. Wanneer rampe plaasvind, soek God na iemand om in die bres te staan. Ons kan by die voorbidders aansluit en bid deur die gebedsgids te gebruik by: