Oos-Afrika: hongersnood in vlugtelingkampe

Hongersnood duur voort, en vlugtelingkampe in Kenia en Uganda word steeds vol. Kerkleiers in Uganda, Kenia en Suid-Soedan het nog 'n desperate beroep gedoen vir voedselhulp om vlugtelinge en kerkgangers aan die lewe te hou tot Kersfees, nadat hulle 'n 18 maande lange tydperk van droogtes, hongersnood en konflik verduur het. Aartsbiskop Stanley Ntagali van Uganda het gesê: 'Die getalle en die behoefte is oorweldigend. Ek doen 'n beroep op julle almal om ons te help sodat ons hierdie hulpelose mense, die vlugtelinge uit Suid-Soedan, kan help.' Die vlugtelinge, wat van hongersnood en konflik in hul vaderland gevlug het, woon nou in Camp Rhino, noord van Uganda. Die meeste van hul voedselhulp word verskaf deur Barnabas Fund, wat deur die Kerk van Uganda werk. Elke dag kom 300 vlugtelinge uit Suid-Soedan in die kamp aan. Die getalle het tot 120 000 gestyg, en daar word voorspel om selfs hoër te gaan. 'n Groot deel is vroue en kinders.