Hindoeïsme is die derde grootste godsdiens in die wêreld. Die meerderheid Hindoes het nog nooit die naam van Jesus gehoor nie, en minder as 2% van die Protestantse sendelinge dien onder hulle. Hindoeïsme, wat meestal in Indië gesentreer is, is veel meer as 'n godsdiens; dit is 'n manier van lewe, 'n kulturele identiteit. Dade van geweld en intimidasie deur militante Hindoes teen ander gelowe is aan die toeneem, veral teen Christene. Hindernisse vir die Evangelie is baie. Maar gebed maak deure oop! Sluit aan by Christene regoor die wêreld wat tussen 8 en 22 Oktober vir Hindoes bid. Gedurende hierdie tyd vier Hindoes een van hul belangrikste vakansiedae, die Fees van Ligte (Diwali). Ten spyte van kerse en vuurwerke bly miljoene geskei van die enigste ware bron van lig – Jesus Christus. Hindoes kom na Christus toe. In een geval het 'n hele dorpie na Christus gewend nadat hulle gehoor het hoe God se Woord in hulle taal verkondig is!