Print this page

Irak: Koerde stem vir onafhanklikheid

'n E-pos van 'n Koerdiese Christen sê: 'Op 25 September, in 'n landmerkreferendum, het Koerde in drie noordelike provinsies van Irak vir onafhanklikheid vir die Koerdistan-streek gestem. Koerde is die vierde grootste etniese groep in die Midde-Ooste, maar hulle het nog nooit 'n permanente volkstaat verkry nie. Koerde het dekades van onderdrukking in die gesig gestaar voordat hulle outonomie in 1991 verkry het. 5,2 miljoen Koerde en nie-Koerde wat as inwoner in Koerdies-beheerde Noord-Irak geregistreer was, het gestem, al het Irak se eerste minister die referendum as ongrondwetlik veroordeel. Naburige Turkye en Iran het ook heftig beswaar daarteen gemaak, uit vrees dat dit separatistiese gevoel onder hul eie Koerdiese minderhede sal aanwakker. Selfs die Amerikaanse regering het ernstige kommer uitgespreek. Liewe vriende, ons vra vir julle dringende en deurlopende gebed, vir wysheid vir die Koerdiese regeringsleiers en vrede in die streek.' Vir 'n mediaberig oor die situasie, klik die 'Meer'-knoppie.