Die ministerie van gesondheid in Suid-Soedan het gesê dat vanjaar se malaria die ergste is wat die land nog ooit gesien het. Meer as 900 000 gevalle is teen 21 Augustus aangemeld. Hierdie lewensgevaarlike bloedsiekte word deur die byt van die Anopheles-muskiet oorgedra. Sodra 'n besmette muskiet 'n mens byt, vermeerder die parasiete in die gasheer se lewer voordat dit rooibloedselle besmet en vernietig. Meer as 76% van siekteverwante sterftes in Suid-Soedan is van malaria. Owerhede het pogings verskerp om die siekte te beveg, maar daar is 'n gebrek aan fondse. Bid vir die malaria-slagoffers in noordelike dorpe wat onbereikbaar is per pad. Bid vir die voorsiening van muskietnette vir arm mense wat nie hul eie kan bekostig nie. Bid vir die meerderheid van die bevolking wat nie tans toegang tot gesondheidsorg of immuniseringsprogramme het nie, Sien ook: