Algerië: die kreet van 'n eerste-generasie kerk

Algerië se bevolking is 40,3 miljoen - 99% Moslem, 1% Christen. Geletterdheid: 87% mans, 73% vroue. Die land was die tuiste van St Augustinus, een van die Kerk se voorste teoloë (354-430). Die Christendom het tussen die vyfde en sewende eeue gefloreer, maar het ná Arabiese invalle verdwyn. Sedert onafhanklikheid in 1962 is 'n geheel en al plaaslike kerk onder die Berber-mense gebore. Die verstommende groei daarvan in die laaste paar dekades word beskou as die vinnigste in die Arabiese wêreld, met etlike duisende nuwe gelowiges wat elke jaar gedoop word. Kerkgroei is opwindend en uitdagend. In hierdie 'eerstegeslag Kerk' is daar 'n groot behoefte aan dissipelskap, sterk Bybelse lering en aanmoediging vir gelowiges om elke dag hul nuutgevonde geloof uit te leef. So 'n radikale verandering in hul wêreldbeskouing bring mee dat nuwe Christene dikwels met vrae gelaat word en baie uitdagings in die gesig staar. SAT-7 saai oor die luggolwe uit en reageer op hierdie behoefte met 'n reeks programme om Algerynse gelowiges aan te moedig en te dissipel.