'Ons Internasionale Raadsvergadering sal van 27 tot 30 April in die Midde-Ooste plaasvind. Ons raadslede en die direkteure van ons nasionale kantore in die VK, Holland, Duitsland, Australië en die VSA sal vergader. Bid asseblief vir wysheid, onderskeidingsvermoë en eenheid in al die besluite wat hulle moet neem, en vir 'n versterking van die visie om toegang te verkry tot baie onbereikte mensegroepe in die lande waarin ons werk. Van 30 April tot 6 Mei vergader al ons spanlede vir ons jaarlikse konferensie. Bid asseblief vir veilige reis, en dat almal versterk en bemoedig en opnuut toegerus sal word vir ons werk en bediening. Dit is 'n baie belangrike tyd vir ons spanne, en God bedien ons altyd as individue en as 'n organisasie. Bid ook vir almal wat ons spanlede sal kom praat en bedien.'