Nigerië: gebede en optrede is nodig

Honderde Christene en ander godsdienstige minderhede in sentraal-Nigerië is deur Fulani-milisie vermoor. Mans, vroue en kinders word vermoor, hul grond weggeneem en hul huise vernietig. Die aantal aanvalle het dramaties toegeneem, met nog minstens twaalf lewens wat in 'n aanval tydens 'n waakdiens op Paas Saterdag verloor is. Hierdie krisis vereis dringende optrede. Christian Solidarity Worldwide doen 'n beroep op mense om die goewerneur van Kaduna-staat, Nasir el Rufai, te versoek om Christene en ander godsdienstige minderhede te beskerm en alles te doen wat hy kan om diegene te help wat deur die burgermag aangeval word. Hulle het niks verkeerd gedoen nie. Hulle wil net in vrede leef, iets wat die voortdurende aanvalle onmoontlik maak. Vra ook vir God om die gebede van sy mense te hoor en nie-Moslem-gemeenskappe te beskerm, wat sedert 2010 deur aanvalle gebuk gaan.