Iran: verkiesing op 19 Mei

Etniese Perse word Moslem gebore. Dit is onwettig om Christelike aktiwiteite in Farsi, die nasionale taal, te bedryf. Ten spyte hiervan maak Christene uit 'n Moslem-agtergrond die grootste groep Christene in Iran uit. 'n Paar jaar gelede het Internasionale Vryheid van Godsdiens of Geloof berig: 'Daar was versigtige optimisme toe Hassan Rouhani president geword het dat sy invloed harde beleid teenoor godsdienstige en etniese minderhede sou versag. Ongelukkig het sy gematigde taal nie tot enige betekenisvolle verbetering gelei nie.' Aangesien hy mik na nog 'n termyn in die amp, glo baie dat volgende maand se verkiesings 'n uiteindelike stem van vertroue inhou. Bid vir politieke veranderinge in Iran wat vryheid van godsdiens sal toelaat. 'n Pers wat Islam verlaat, kan ter dood veroordeel word as 'n man is, en lewenslange gevangenisstraf as 'n vrou. Vir baie Moslem-gesinne is dit 'n skande wanneer 'n familielid tot bekering kom. Bid vir beskerming en voorsiening vir Christene wat deur hul families vervloek en verloën is. Sien ook: