Print this page

Saoedi-Arabië verkies tot VN se Vroueregtekommissie

Die Verenigde Nasies het laat verlede week gestem om Saoedi-Arabië op die Kommissie oor die Status van Vroue te plaas vir 'n termyn van vier jaar wat in 2018 begin, ten spyte van daardie land se verskriklike rekord oor die behandeling van vroue. Die direkteur van die Genève-gebaseerde UN Watch het sy verontwaardiging uitgespreek: 'Om Saoedi-Arabië te verkies om vroue se regte te beskerm, is soos om 'n brandstigter in die dorp se brandweerhoof te maak.' Elke Saoedi-vrou moet 'n manlike voog hê wat alle kritieke besluite namens haar neem. Mans beheer 'n vrou se lewe vanaf haar geboorte tot die dood. Saoedi-Arabië verbied selfs vroue om motors te bestuur. Die mees onlangse menseregteverslag wys daarop dat ondanks die feit dat hulle toegelaat is om aan munisipale verkiesings in 2015 deel te neem, die toestand van vroueregte in die koninkryk oor die algemeen aaklig bly. In 2015 het Saoedi-Arabië 'n Sri Lankaanse vrou se vonnis vir owerspel van teregstelling deur steniging tot drie jaar tronkstraf verminder.