In ’n referendum op 16 April sal Turke ja of nee stem vir grondwetwysigings om Turkye te verskuif van ’n stelsel waar uitvoerende magte by die eerste minister lê en deur die parlement nagegaan word na een wat ongekende magte aan die president gee. Baie vrees dit sal lei tot een-persoon-regering, met mag om die parlement te skors en alle ministers en hooggeplaaste amptenare aan te stel. Turkse Christene is bekommerd oor toenemende nasionalisme, en ook die willekeurige arrestasies sedert verlede somer se staatsgreeppoging. Die Amerikaanse pastoor Andrew Brunson, wat sedert Oktober in aanhouding is, het steeds geen duidelike uiteensetting van die aanklagte teen hom nie, hoewel die premier belowe het om sy hofsaak te bespoedig. Hy en sy gesin is al meer as twintig jaar in Turkye en lei 'n kerk in Izmir. Sien: