Print this page

Peru: ergste vloede vir twee dekades

Soos die dodetal tot 72 styg weens vloede en modderstortings in Peru, sê kenners dat die reënseisoen nog twee weke kan duur. Tot op hede is meer as 'n halfmiljoen mense in en om die land se hoofstad, Lima, deur die storms en oorstromings geraak. Bid vir die duisende wat gedwing word om honderdduisende huise te ontruim. Bid vir diegene wat probeer om die ernstig beskadigde infrastruktuur te herstel, met honderde brûe wat vernietig is. Dit was Peru se ergste vloede in onlangse geheue. "Ons konfronteer 'n ernstige klimaatsprobleem," het president Pedro Pablo Kuczynski gesê. Die ramp het gekom ná 'n tydperk van erge droogte en word geblameer aan abnormaal hoë Stille Oseaan-temperature. Die land is swak voorbereid vir die groeiende uitdagings van klimaatsverandering. Die ramp raak meer as die helfte van die nasie. Sien ook