Soedan: Christelike hulpwerkers het vryheid nodig

Die Tsjeggo-Slowaakse hulpwerker Petr Jašek, wat tot 24 jaar in 'n Soedanese tronk gevonnis is, is vrygelaat toe 400 000+ mense 'n petisie vir sy vrylating onderteken het. Pastoor Hassan Abduelraheem Kodi en student Abdulmonem Abdumawla dien egter steeds hul twaalf jaar agter tralies uit. Christian Solidarity Worldwide het gesê Jašek se vrylating is goeie nuus, maar die ander is Soedanese burgers en word nie op dieselfde manier verteenwoordig nie.