Egipte: vervolging deur IS-militante

Die 50-jarige Christelike onderwyser Gamal Tawfiq is in die kop geskiet op pad na die El-Samran-skool in el-Arish, Noord-Sinai. Sy moordenaars het motorfiets gery. Ook hierdie week het militante die plaaslike Christelike veearts Bahgat Zakher vermoor. Verlede maand is 'n Christen-handelaar in sy winkel deur militante doodgeskiet, en vyf Koptiese Christene se kele is in 'n moordtog afgesny. In Desember het IS 'n kerk in Kaïro gebombardeer met 27 mense dood en 40+ gewond. IS het dit 'n 'martelaarskapoperasie' genoem wat 'ongelowiges' en 'afvalliges' teiken. Ishaq Ibrahim van die Egiptiese Inisiatief vir Persoonlike Regte het gesê: 'Ons sien 'n toename van Christelike moorde wat ek dink in 'n herhalende patroon in el-Arish sal verander'. Op 20 Februarie het IS 'n video vrygestel waarin gevra word vir die slagting van Egiptiese Christene. Sien: