Print this page

Nieu-Seeland: groot veldbrand

Honderde huise is in Christchurch ontruim terwyl 'n groot veldbrand aan die buitewyke daarvan gewoed het. Een vlieënier is dood in 'n helikopterongeluk, en ten minste elf huise het afgebrand. ’n Noodtoestand is afgekondig, en die weermag is ontplooi om brandbestryders te help. Dit is onduidelik wat die brand veroorsaak het; premier Bill English het gesê dit lyk verdag en ondersoeke duur voort. Die brand het Maandag op twee afsonderlike plekke in die droë heuwels suid van die stad uitgebreek, voordat dit saamgesmelt het in een brand wat nou sowat 1 800 ha beslaan. Meer as 130 brandbestryders is ontplooi, saam met 14 helikopters en drie vliegtuie. Altesaam 400 huise is deur die polisie ontruim, maar honderde ander mense het ook gekies om die gebied te verlaat. ’n Polisiewoordvoerder het mense gewaarsku dat brande van rigting kan verander en vinnig kan beweeg, wat min tyd gee om te ontsnap. "As jy bekommerd is, moenie dit te laat los nie - dit is beter om veilig te wees as jammer."

  • Pray: for those fighting the fire, that it will be contained quickly. Pray that measures will be taken to prevent such fires in future. (Is. 43:2)