Sri Lanka: Boeddhistiese gepeupel vernietig landelike kerk

Op 5 Januarie is 'n kerk in Karuwalagaswewa deur 'n skare aangeval en verbrand. Dreigemente is voorheen aan die kerk se pastoor gemaak, wat die polisie ingelig het. Toe die polisie-inspekteur die pastoor en 'n plaaslike Boeddhistiese monnik ontmoet het, het hy belowe om wet en orde te handhaaf. Die kerk is egter daardie selfde nag deur 'n Boeddhistiese skare van meer as 200 vernietig. Sri Lanka se grondwet verklaar dat Boeddhisme, die godsdiens van die eiland se etniese Singalese meerderheid, 'die voorste plek' sal hê. Christene, wat 8% van die bevolking uitmaak, word algemeen geteister en was al slagoffers van geweld, met Boeddhiste wat beweer dat kerke geregistreer moet word, al is dit nie eintlik 'n wetlike vereiste nie. Die kerk se gemeente het voortgegaan om in die buitelug te vergader, ondanks verdere dreigemente.