'Kinders het uit die skool gesak weens honger; swanger vroue en bejaardes word die meeste geraak. Beeste, wat die enigste bron van bestaan is, vrek, en die oorblywendes word deur bandiete gesteel,' roep 'n Keniaanse pastoor in Oos-Pokot, waar die laaste reënval in Junie 2016 was. Van nabygeleë Marsabit berig pastoor Jeremiah Omar dat 70 % van die vee is reeds dood weens droogte - 'n ramp vir die talle nomadiese gemeenskappe. Die voedselkrisis eskaleer, nie net in Kenia nie, maar ook in die noorde van Uganda, wat sedert verlede Julie meer as 'n halfmiljoen vlugtelinge uit Suid-Soedan opgeneem het, meestal vroue en kinders. Baie is weduwees, of weet nie wat met hul mans gebeur het nie. Baie mense het baie min buiten hul klere wat hulle dra. Fratsweer en droogte, as gevolg van die El Niño-klimaatseffek, het 'n katastrofiese situasie veroorsaak. Daar sal geen verligting tot op die vroegste Junie wees nie, en dan net as die reën op die regte tyd kom. 'n Bykomende probleem in Kenia is dat baie van die gebiede wat die ergste geraak word - in die noorde en die kusstreek - die gebiede is waar Christene 'n veragte, gemarginaliseerde en onderdrukte minderheid onder 'n Moslem-meerderheid is.