Maldive: prentjie van 'n kerk veroorsaak aanstoot

Sosiale studies handboeke vir graad 1-4 is herroep na 'n uitroep van bekommerde ouers oor 'n bladsy wat twee Christelike kerke illustreer. Die boeke is deur die nuwe bestuur by Gateway International School bekendgestel, sonder amptelike goedkeuring van die toepaslike Maldiviese ministerie. 'n Plaaslike nuuswebwerf het die skool daarvan beskuldig dat dit ''n poort is om Maldiviërs in Christene te verander'. Thomas Muller, vervolgingsontleder by World Watch Research, het gesê: 'Dat die blote prentjie van 'n kerk gesien word as die bevordering van Christenskap en potensiële proselitisme wys hoe diep die vrees van die Moslem-meerderheid is. Die aanstelling van 'n radikale geestelike op die hoogste Islamitiese Raad (verlede maand berig) pas ook by hierdie patroon en sal daartoe lei dat uitgewekene Christene selfs meer versigtigheid aan die dag lê, en inheemse Christene om die uiterste sorg te dra om onontdekt te bly.'