Nigerië: lugaanvalfout maak 100 dood

'n Nigeriese lugmagstraler het per ongeluk 'n kamp vir ontheemdes naby Rann in die noordooste van die land gebombardeer waar die weermag besig is met wat dit noem sy finale stoot teen Boko Haram. Tot 100 mense is dood en nog tientalle beseer. Die dooies sluit ses Rooi Kruis-werknemers in. Die hulpagentskap Médecins Sans Frontières ( MSF ) het gesê hy behandel 120 beseerde mense en soek hulp met mediese ontruimings. "Hierdie grootskaalse aanval op kwesbare mense wat reeds vir uiterste geweld gevlug het, is skokkend en onaanvaarbaar," het die MSF-direkteur van operasies gesê. 'n Woordvoerder van die Rooi Kruis het gesê dat die agentskap se dooie werknemers 'deel was van 'n span wat broodnodige kos vir meer as 25 000 ontheemdes ingebring het'. 'n Woordvoerder van die Nigeriese weermag het gesê dat sommige 'oorblyfsels' van Boko Haram buite Rann opgespoor is, en die weermag het opgetree om hulle uit te skakel. Hy het gesê nadat die fout besef is, was hulle 'almal in pyn'.

  • Pray: for the families of the dead and for those injured. Pray also that the threat from Boko Haram will be eliminated with the minimum of loss and injury. (Ps. 146:9)