Print this page

Midde-Ooste: die jaar wat voorlê

2017 gaan vol uitdagings wees vir die mense van die Midde-Ooste, Christene en Moslems. 'n Kort opsomming: 1) Irak sal onseker bly, al maak die stryd om Mosoel te herower vordering: Sjiïtiese heersers in Bagdad staar konflik met 'n onwillige Soennitiese minderheid in die gesig. 2) Turkye se stabiliteit word bedreig deur uitdagings van IS en van Koerdiese militante, wat die afgelope twee jaar sowat 1 000 Turkse soldate vermoor het. 3) Daar is hoopvolle tekens in Iran, hoewel veranderinge vertraag kan word deur die dood van voormalige president Rafsanjani en die verwagting van meer vyandige Amerikaanse beleid onder Donald Trump. Die swak gesondheid van die opperleier Ali Khamenei kan binnekort 'n potensiële leierskapverandering beteken, wat ernstige implikasies vir die hele streek kan hê. 4) Die stemming in Sirië blyk te draai na 'n wapenstilstand en aanvaarding van Assad om as president aan te bly, ten minste op kort termyn. 5) Egipte sal na verwagting nuwe betogings en spanning sien met voortgesette terrorisme, en die ekonomie sal die nommer een uitdaging bly. Die hele streek het 'n groot behoefte aan volgehoue gebed: tog is elke uitdagende fase ook 'n kans vir Christene om as sout en lig op te staan, en om versoening en herstel te bied waar hulle broodnodig is.