Baie Christenkinders in Pakistan staar diskriminasie, mishandeling, vyandigheid en selfs geweld by regeringskole in die gesig. 'n Klas skoolmeisies in Pakistan het 'n eksamen in Huishoudkunde afgelê. Die eksaminator was besig om die kos te proe wat hulle gekook het. Maar toe sy by die Christenmeisies kom, het sy geweier om aan te raak wat hulle gekook het, en gesê dit sou haar onrein maak. Sy het die kos in die asblik gegooi, en die meisies het die eksamen gedruip. Vier Christenmeisies by 'n Punjabi-hoërskool is gedwing om hul eie drinkglase en waterbottels skool toe te bring nadat Moslem-leerlinge gekla het hulle is onrein. Daar is ook baie wat glad nie kan skool toe gaan nie omdat hul ouers nie die fooie kan bekostig nie. In plaas daarvan word kinders gedwing om as siek arbeiders te werk, dikwels in hoërisiko-poste.