Die Kerk is die grootste sosiale mag in China wat nie deur die Kommunistiese Party beheer word nie. Gevolglik is daar toenemende pogings om die manier waarop Christene funksioneer te beperk. 'n Aansienlike aantal Christene is steeds in die tronk. Geweld is op 'n baie hoë vlak en neem toe: ook is kerke gesluit, en verhuurders is onder druk geplaas om op te hou om persele aan Christene te verhuur. Die storie vir Christene in China verskil baie na gelang van die streek. Daar was 'n beduidende verandering ten goede vir Han-Chinese, maar Christene uit etniese minderheidsgroepe staar 'n groot hoeveelheid vervolging in die gesig. 'Daar was 'n vrou in my kerk wat deur haar familie ontvoer is toe hulle uitvind sy het tot bekering gekom. Hulle het haar teruggeneem na haar tuisdorp, haar bene gebreek sodat sy nie kon ontsnap nie, en haar toe probeer dwing om weer 'n Moslem te wees.' Dit is die woorde van 'n Christenleier van die Hui-mensegroep. Oorspronklik uit 'n Moslem-familie, soos die meeste Hui is, het sy 14 jaar gelede na Christus gekom. Ten spyte van die enorme risiko, word baie Hui Christene. 'Dit is verstommend hoe die evangelieboodskap die harte van die Hui raak; baie gee alles op om Christus te volg.'