Print this page

Iran: vererger vervolging van gelowiges

'n Verslag deur die Iranse Christelike nuusagentskap Mohabat News het getoon dat vervolging in 2016 vererger het, met 'n skerp toename in georganiseerde, regeringsgeborgde anti-Christelike veldtogte op radio en televisie, gekombineer met 'n venynige onderdrukking van Farsi-sprekende gemeenskappe. Tientalle huiskerke is ondersoek, vergaderings onderbreek en lidmate is gearresteer, ondervra en gevange geneem. Rekords toon dat 92 Christen-bekeerlinge uit Islam tans verhoorafwagtend is, hoewel die werklike getal waarskynlik veel hoër sal wees. Die verslag het ook melding gemaak van 'n aantal bekende Iranse Christene wat doelbewus belaster word, wat hulle as moreel en finansieel korrup uitgebeeld het. Publikasie van Bybels en Christelike lektuur in die land word verbied, terwyl daar gesubsidieer word vir die publikasie van werke wat 'n valse en negatiewe beeld van Christenskap gee. Verhef alle Christene wat in die tronk aangehou word in gebed. Bid dat die owerhede in Iran nie Christene, insluitend bekeerlinge van Islam, as 'n bedreiging sal sien nie, maar eerder as 'n waardevolle deel van die Iranse samelewing, en dat regeringspogings om die Christendom te diskrediteer en te onderdruk, futiel sal wees.