Print this page

Turkye: Russiese ambassadeur vermoor

’n Turkse polisieman het die Russiese ambassadeur in Turkye by Ankara se Kontemporêre Kunstesentrum vermoor. Hy het met sy polisie-identiteitskaart deur sekuriteit gegaan. Rusland en Turkye is aan die teenoorgestelde kante van die Siriese oorlog, en daar is baie openbare woede in Turkye oor Rusland se mees onlangse optrede. Baie glo die direkte wedywering tussen Rusland en Turkye veroorsaak meer vyandigheid op die strate in baie lande wat geraak word deur die gevolge van hierdie bloedige oorlog.