Print this page

Jordaan: Bybelgebaseerde traumagenesing

Benewens kos en noodsaaklikhede, bied Christene Bybelgebaseerde traumagenesing vir mense van alle ouderdomme deur hul ervaring met opgeleide fasiliteerders te praat. Duisende vlugtelinge ervaar die Bybel op 'n nuwe manier. Toe die krisis begin het, het Bybelgenootskap se personeel in die fisiese behoeftes van vlugtelinge begin voorsien – matrasse, kos, tente, ens. Toe het hulle besef vlugtelinge het dieper, onuitgesproke behoeftes – iemand om mee te praat. Hulle het 'n Bybelgebaseerde traumagenesingsprogram in Jordanië van stapel gestuur (wat uitgebrei het na Libanon, Sirië en Irak), wat mense gehelp het om oor hul ervarings te praat en vrae te oorweeg soos 'Hoekom is daar lyding?' Hulle dink na oor wat die Bybel oor hulle situasie sê. Dit is gebaseer op die Skrif, geestesgesondheidspraktyk en wetenskap.