Print this page

Iran: Christene wag op verhoor

Yaser, Saheb en Mohammed Reza is in Mei by 'n huiskerk in hegtenis geneem en van 'optrede teen nasionale veiligheid' aangekla. Hulle is ná weke in aanhouding op borgtog vrygelaat. Hul pastoor, Yousef Nadarkhani, en sy vrou Fatemeh (Tina) Pasandideh is ook gearresteer, maar nie aangehou nie. Yousef is egter later vir dieselfde misdaad aangekla. Al vier is in Oktober na die revolusionêre hof in Rasht gedagvaar, maar die regter het nie 'n uitspraak uitgereik nie. Die tweede verhoor is op 14 Desember. Boonop staan Yaser, Saheb en Mohammed tereg op aanklagte wat verband hou met die gebruik van alkohol (hulle het wyn tydens 'n nagmaaldiens gedrink). Die drink van alkohol is nie onwettig vir Christene nie, maar wel vir Moslems. Die aanklagte teen Christen-bekeerlinge weerspieël die siening dat 'n Moslem nie van godsdiens kan verander nie. Ná ’n hofsitting op 10 September is hulle elk tot tagtig houe gevonnis, maar hulle appelleer teen dié uitspraak. Die appèlverhoor is geskeduleer vir 9 Februarie 2017.