Print this page

Indonesië: IS-geïnspireerde aanvalle

Indonesië: IS-geïnspireerde aanvalle

Die tweejarige Intan Olivia Marbun het saam met ander kinders buite die kerk in Samarinda gespeel toe 'n aanvaller op 'n motorfiets plofstof in 'n parkeerarea voor die kerk gegooi het. Sy is die volgende dag dood aan uitgebreide brandwonde en asemhalingsprobleme. Drie ander kinders word in die hospitaal behandel. Die aanvaller het 'n T-hemp gedra met 'jihad' daarop geskryf - en is voorheen tronk toe gestuur vir betrokkenheid by terreuraktiwiteite. Hy is saam met vyf ander in hegtenis geneem. Hulle is glo deel van Jamaah Anshorut Tauhid (JAT), ’n Islamitiese groep wat IS ondersteun. Daar was 'n aantal IS-geïnspireerde aanvalle in Indonesië. In die middel van 'n kerkdiens op 28 Augustus in Medan, het 'n Moslemman probeer om 'n selfmoordbom te ontplof, maar toe dit misluk het hy die pastoor wat die diens gelei het met 'n byl aangeval.