Daar word verwag dat die meeste Christene sal wag dat die Nineve-vlakte veilig en 'IS-vry' is voordat hulle terugkeer. Dit blyk nou waarskynlik 'n kwessie van maande te wees, nie weke nie. Sending-agentskappe monitor die situasie en beplan hoe om ontheemdes te ondersteun om terug te keer huis toe sodra dit veilig is. Die volgende is die gebed van Martin, van die Nineve-vlaktes: 'O Here, ons vertrou op U, wat die storm stil gemaak het. Ons bid en eis - bevry Mosul, bevry Nineve-vlakte. Ons wil teruggaan.' Gebedsversoeke uit Irak is dat die magte van die duisternis verslaan moet word en dat geregtigheid geskied, dat Christensoldate by die stryd aansluit, vir die beskerming van Christene wat bekend is dat hulle in die geheim in IS-beheerde gebiede woon, en vir pastore en kerkleiers in Irak om lewende voorbeelde te wees van Christus se teenwoordigheid onder Sy mense. Stop druk: 50 000 Irakse Christene sal môre by 'n groot byeenkoms in Erbil bid en hul nasie aan God toevertrou. Sien