Print this page

Sirië: Aleppo

Christene in Aleppo sukkel om te oorleef. Een het gesê: 'Ons bid, asseblief God gee ons krag om sterk te bly. Ons bid vir Hom om ons die verdraagsaamheid te gee om ons situasie te aanvaar en ons geloof te leef terwyl ons in hierdie tyd ly.' Die armes en die armstes is diegene wat oorbly. Een Amerikaanse dollar was vroeër 50 Siriese pond, maar nou is dit 500 of 600. Vleis, kaas, vrugte en groente is beskikbaar, maar dit is te duur vir baie. In die Christelike kwartier is daar 3 221 Christene bo die ouderdom van 80 wat niemand het om na te wend nie; hul families het die land verlaat om die oorlog te ontsnap. Ongelukkig word bejaardes selfs deur die kerke afgeskeep. Terwyl die media fokus op die beleërde rebellebeheerde oostelike enklave van Aleppo, veg Christene in die regeringsbeheerde gebiede 'n daaglikse stryd om te oorleef. Medisyne is duur, en die meeste pasiënte kan dit nie bekostig nie.