Print this page

Soedan: vier pastore op verhoor

Twee Soedanese pastore wat die vervolging van Christene in hul land beklemtoon met die doel om hul mede-Christene te beskerm, is in aanhouding. Hulle staar sewe aanklagte in die gesig, insluitend oorlog teen die staat en spioenasie, wat die doodstraf dra. Ds Hassan Abduraheem en ds Kuwa Shamal staan saam met twee ander, Petr Jašek en Abdulmonem Abdumawla, tereg. Die verhoor, wat in September sou begin, is herhaaldelik herskeduleer. Mervyn Thomas van Christian Solidarity Worldwide (CSW) is bekommerd oor die voortgesette vertragings in die verhoor en sê: 'Billike verhoorbeginsels bepaal dat strafregtelike verrigtinge binne 'n redelike tyd moet plaasvind. In hierdie geval is die voortdurende uitstel, weens die afwesigheid van die regter of aanklaer of versuim om die mans hof toe te vervoer, verrigtinge onnodig verleng, wat onaanvaarbaar is, gegewe die tyd wat hierdie mans reeds in aanhouding deurgebring het.' CSW doen 'n beroep op die onvoorwaardelike en onmiddellike vrylating van 'hierdie onregverdig aangehoue mans'. Sien opdatering by: