Operasie 'bevry Mosul' het baie distrikte en dorpe van die Nineve-provinsie bevry. Mense bid vir eenheid in Irak in 'n post-IS-era. Vir die Christelike minderheid wat daar woon, 'n meerderheid in sommige gebiede, is die toekoms onseker. Mense vra of Christene daar kan oorleef, in die lig van wat in buurlande soos Sirië, Libanon en Israel gebeur het. Daarom vra sommige vir 'n outonome streek in die Nineve-vlakte, tradisioneel 'n gebied waar mense van verskillende minderheidsgelowe in naasbestaan gewoon het. Die klem val op die lot van Irakse Christene. Dit is hul tuisland, en hulle is nie net 'n inheemse groep in die gebied nie, maar een van die oudstes - wat voortdurend op hul grond woon.