Pakistan: Aasia Bibi-appèl is weer uitgestel

Sedert 1987 is meer as 1 300 mense in Pakistan van godslastering aangekla, met die aantal beskuldigings in 'n enkele jaar wat in 2014 tot meer as honderd gestyg het. 'n Disproporsionele aantal van die beskuldigdes is Christene. ’n Prokureur, ’n regter en twee vooraanstaande politici is vermoor omdat hulle standpunt teen die godslasteringswette ingeneem het. Aasia Bibi se appèl teen haar doodvonnis vir afvalligheid is weer uitgestel na die besluit van 'n leidende regter om op grond van botsing van belange aan die verhoor te onttrek. Die godslasterwette word gebruik om die vlamme van onverdraagsaamheid aan te vuur en moet herroep word, maar dit sal geweldige moed verg om intimidasie te weerstaan en Aasia Bibi vry te laat - 'n feit wat onderstreep word deur die groot aantal onlustepolisie by die hof. 150 Moslem geestelikes het 'n fatwa uitgereik wat die regering waarsku om nie Bibi vry te laat nie, en dreig om enigiemand dood te maak wat enige persoon gehelp het wat van godslastering beskuldig word.