Ethiopiese evangeliese Christene staar gereeld diskriminasie en teistering in die gesig. Eden (15), Gifti en Mihiret (albei 14), en Deborah (18) het 'n Christelike boek in Ethiopië se hooftaal met die titel 'Kom ons praat die waarheid in liefde - antwoorde op vrae' versprei. Die boek beantwoord vrae wat gestel is oor die Christelike geloof deur 'n Suid-Afrikaanse Islamitiese geleerde wat vroeër hoof van die Islamic Propagation Centre International was. Christene in 'n dorp oos van Addis Abeba het besluit om dit te versprei na aanleiding van kruiskulturele evangelisasie-opleiding. Plaaslike Moslems het gesê die boek is 'n belediging vir Islam. Die vier meisies het verskeie hofverskynings gemaak en hul saak is na 'n hoër hof in Harar oorgeplaas. Eden is in die tronk geslaan, maar het gesê: 'Hierdie lyding is vir ons 'n eer. Ons moet vervolging verwag. Ons is nie bang nie. Ons sing en bid hier in die tronk.' Debora het gesê: 'Dit is 'n eer om vir God se Koninkryk in die tronk te sit.'