Venezuela, eens 'n kandidaat vir 1ste Wêreld-status, het agteruitgegaan tot baie burgers wat uit asblikke eet om te oorleef. 'n Studie het bevind 15% van Venezolaners voed hulself uitsluitlik met 'voedselafval wat deur kommersiële ondernemings weggegooi word'. 75% van alle Venezolaners eet nie elke dag 'n dieet van ontbyt, middagete en aandete nie. 54 % gaan slaap honger, en 52 % koop kos deur die swart mark. 48% het tyd van die werk af geneem om kos te soek. Baie meen die ernstige voedseltekort word veroorsaak deur Venezuela se sosialistiese ekonomie. William Murray, voorsitter van die Religious Freedom Coalition, het opgemerk dat wanneer pryse toegelaat word om in ooreenstemming met markkragte te styg, soos in 'n vrye ondernemingstelsel, die vraag tot 'n hanteerbare vlak verminder word. Maar in Venezuela se sentraal-beplande ekonomie laat die regering nie produsente toe om pryse op hul goedere te verhoog om tred te hou met stygings in die produksiekoste nie. Produsente kan dus nie bekostig om soveel te produseer as wat nodig is nie, en tekorte ontstaan.