Turkye: die Bybel 'gee hoop' na troubom

’n Pastoor in Turkye het vir gebed gevra ná ’n bomontploffing by ’n troupartytjie in die suidooste van die land het verlede Saterdag 54 mense dood en 100 beseer. Josh Wentz, pastoor by Batikent Protestantse Kerk in Ankara, het gepraat ná die aanval in Gaziantep, naby Sirië se grens. Hy het gesê daar is hoop in hierdie donker tyd. 'Wat ons hoop gee, is om te weet dat God in die Bybel geen aannemer van persone is nie, en dat Hy nie een groep mense bo 'n ander verkies nie - Hy het liefde vir alle mense. Dit is ons gebed dat almal in Turkye daardie liefde sal leer ken.' Amptenare het gesê die voorval blyk 'n selfmoordbomaanval te wees wat deur 'n 12-jarige seun gepleeg is. President Erdogan het gesê dat IS 'die mees waarskynlike oortreder' van die aanval was. Sien ook Gebedswaarskuwing artikel 6 hieronder.