Krim: spanning neem weer toe

Russiese staats-TV het beeldmateriaal uitgesaai van mans wat bieg op 'n komplot om terreuraanvalle uit te voer op die Krim-skiereiland, wat in 2014 deur Rusland geannekseer is. Die 'saboteurs' het gesê dat hulle op bevel van Kiëf opgetree het. Oekraïne ontken enige betrokkenheid en noem dit 'uitlokking'. Plaaslike inwoners het Saterdagaand berig hoe skote afgevuur is, toe die Russiese veiligheidsdiens (RFD) sê dit het die eerste groep mans onderskep. 'n RFD-verklaring beskryf 'n tweede poging tot inval van die Krim, gepaardgaande met 'massiewe vuur van die buurstaat en gepantserde voertuie van die Oekraïense gewapende magte'. Geen video of onafhanklike bevestiging van daardie voorval het nog na vore gekom nie, so wat werklik plaasgevind het, bly 'n raaisel. Dit is egter wat volgende gebeur wat die meeste saak maak, aangesien spanning tussen Moskou en Kiëf tot gevaarlike vlakke styg. Sommige sê dat die Russiese militêre offensief besig is om op te bou namate die VSA op verkiesings fokus, die EU se aandag deur Brexit afgelei word, en die Olimpiese Spele is 'n afleiding.