Print this page

Zimbabwe: 'Ek wil nie nog 'n martelaar wees nie'

'n Pastoor wat betogings lei teen die verswakte Zimbabwiese president, Robert Mugabe, sê hy wil nie nog 'n martelaar wees nie en hy is daartoe verbind om die land te herbou. Mugabe (92) staar toenemende betogings teen sy diktatuur in die gesig, maar het betogings verpletter deur die polisie te beveel om geweld te gebruik. Honderde mense is beseer terwyl beamptes knuppels, traangas en vuiste gebruik om betogings te stop. Pastoor Evan Mawarire het die beweging begin met sy 'This Flag'-veldtog wat 'n beroep op Mugabe doen om te bedank. In Julie is hy in hegtenis geneem, maar ná massabetogings buite die hof is hy vrygelaat. Bronne dui daarop dat daar aan hom gesê is dat hy die land moet verlaat anders sal hy vermoor word. Hy skuil in Suid-Afrika en probeer glo die VSA binnekom. Hy het gesê hy sal nie sy veldtog prysgee om Mugabe en sy Zanu PF-party te verdryf nie. Ondanks oproepe dat hy die volgende president moet wees, hou hy vol hy het geen politieke ambisies nie.